Read Openbaring Chapter 13 Online
Read Openbaring Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Openbaring 13
Hoofstuk 13
1. En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
2. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
3. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
4. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
5. En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
6. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
7. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
8. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
9. As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.
10. As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
11. En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
12. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
13. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
14. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
16. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
17. sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
18. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
About Openbaring Chapter 13
Read Openbaring Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Openbaring
Chapter: 13
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Openbaring Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Openbaring Chapter 13?
Openbaring Chapter 13 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Nuwe Testament
- Johannes Chapter 1
- Johannes Chapter 13
- Johannes Chapter 14
- Johannes Chapter 15
- Johannes Chapter 12
- Johannes Chapter 8
- Johannes Chapter 2
Explore More from Openbaring
- Openbaring Chapter 4
- Openbaring Chapter 20
- Openbaring Chapter 1
- Openbaring Chapter 2
- Openbaring Chapter 10
- Openbaring Chapter 16
- Openbaring Chapter 6