Read Jesaja Chapter 56 Online
Read Jesaja Chapter 56 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jesaja 56
Hoofstuk 56
1. So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
2. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
3. En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.
4. Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:
5. Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure ‘n gedenkteken en ‘n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
6. En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees—elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,
7. hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.
8. Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.
9. Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!
10. Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.
11. En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.
12. Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!
About Jesaja Chapter 56
Read Jesaja Chapter 56 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jesaja
Chapter: 56
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jesaja Chapter 56 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jesaja Chapter 56?
Jesaja Chapter 56 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 56 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jesaja
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- Eksodus Chapter 30
- Daniël Chapter 11
- Jesaja Chapter 39
- Joël Chapter 1
- Numeri Chapter 36
- Jesaja Chapter 63
- Psalms Chapter 98