Handelinge Chapter 15

For English

Read Handelinge Chapter 15 Online

Read Handelinge Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Handelinge and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Handelinge 15

Hoofstuk 15

1. En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

2. Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.

3. En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.

4. En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.

5. Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.

6. En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.

7. En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

8. En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

9. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

10. Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

11. Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.

12. En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.

13. En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!

14. Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

15. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:

16. Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17. sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

18. Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

19. Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,

20. maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.

21. Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.

22. Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.

23. En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!

24. Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

25. het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus—

26. manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

27. Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

28. Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29. dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

30. So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.

31. En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.

33. En nadat hulle ‘n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34. Maar Silas het besluit om daar te bly.

35. En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36. En ‘n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.

38. Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

39. Daar het toe ‘n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.

40. Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.

41. En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.

About Handelinge Chapter 15

Read Handelinge Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Handelinge
Chapter: 15
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Handelinge. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Handelinge Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Handelinge Chapter 15?

Handelinge Chapter 15 is part of the Book of Handelinge in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Handelinge Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from handelinge

  1. Handelinge Chapter 17
  2. Handelinge Chapter 8
  3. Handelinge Chapter 25
  4. Handelinge Chapter 16
  5. Handelinge Chapter 14
  6. Handelinge Chapter 1
  7. Handelinge Chapter 19

Explore More from Nuwe Testament

  1. Openbaring Chapter 9
  2. Hebreërs Chapter 2
  3. 1 Tessalonisense Chapter 1
  4. Johannes Chapter 11
  5. Matteus Chapter 12
  6. Handelinge Chapter 27
  7. Romeine Chapter 4

Related Chapters & Readings

  1. 2 Korintiërs Chapter 9
  2. Psalms Chapter 62
  3. Esegiël Chapter 29
  4. Job Chapter 12
  5. Deuteronomium Chapter 31
  6. 3 Johannes Chapter 1
  7. Numeri Chapter 35
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *