Handelinge Chapter 3

For English

Read Handelinge Chapter 3 Online

Read Handelinge Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Handelinge and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Handelinge 3

Hoofstuk 3

1. En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.

2. En daar is ‘n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om ‘n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.

3. Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ‘n aalmoes gevra.

4. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.

5. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

6. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

7. Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

8. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

9. En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.

10. En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.

11. En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s’n genoem word.

12. En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?

13. Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.

14. En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word,

15. en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.

16. En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

17. En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;

18. maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.

19. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20. en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21. Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

22. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

23. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

24. En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

25. En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.

26. God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

About Handelinge Chapter 3

Read Handelinge Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Handelinge
Chapter: 3
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Handelinge. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Handelinge Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Handelinge Chapter 3?

Handelinge Chapter 3 is part of the Book of Handelinge in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Handelinge Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from handelinge

  1. Handelinge Chapter 8
  2. Handelinge Chapter 21
  3. Handelinge Chapter 16
  4. Handelinge Chapter 14
  5. Handelinge Chapter 2
  6. Handelinge Chapter 28
  7. Handelinge Chapter 17

Explore More from Nuwe Testament

  1. Markus Chapter 1
  2. Openbaring Chapter 7
  3. Lukas Chapter 5
  4. 2 Johannes Chapter 1
  5. Hebreërs Chapter 13
  6. Johannes Chapter 18
  7. Kolossense Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 33
  2. Esra Chapter 1
  3. Handelinge Chapter 20
  4. Eksodus Chapter 8
  5. 2 Kronieke Chapter 11
  6. 2 Petrus Chapter 1
  7. 1 Kronieke Chapter 13
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *