Genesis Chapter 50

For English

Read Genesis Chapter 50 Online

Read Genesis Chapter 50 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Genesis 50

Hoofstuk 50

1. Toe val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.

2. En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.

3. En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.

4. En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:

5. My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.

6. En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.

7. Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;

8. ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.

9. En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ‘n baie groot trek was.

10. En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ‘n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.

11. Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ‘n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê.

12. En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:

13. sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre.

14. Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.

15. Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!

16. Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:

17. So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.

18. En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.

19. Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?

20. Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.

21. Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.

22. En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe.

23. En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.

24. En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het.

25. En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee—bring dan my gebeente hiervandaan op.

26. En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in ‘n kis gesit in Egipte.

About Genesis Chapter 50

Read Genesis Chapter 50 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Genesis
Chapter: 50
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Genesis Chapter 50 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Genesis Chapter 50?

Genesis Chapter 50 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Genesis Chapter 50 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Genesis

  1. Gênesis Chapter 12
  2. Gênesis Chapter 5
  3. Gênesis Chapter 40
  4. Gênesis Chapter 13
  5. Gênesis Chapter 15
  6. Genesis Chapter 1
  7. Gênesis Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. Genesis Chapter 43
  2. Hosea Chapter 14
  3. Jesaja Chapter 60
  4. 1 Kronieke Chapter 14
  5. 2 Kronieke Chapter 31
  6. 1 Samuel Chapter 15
  7. Levitikus Chapter 16

Related Chapters & Readings

  1. Deuteronomium Chapter 29
  2. Spreuke Chapter 5
  3. Ester Chapter 10
  4. Jeremia Chapter 49
  5. Job Chapter 16
  6. Psalms Chapter 39
  7. 2 Konings Chapter 22
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *