Efesiërs Chapter 2

For English

Read Efesiërs Chapter 2 Online

Read Efesiërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Efesiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Efesiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Efesiërs 2

Hoofstuk 2

1. En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

2. waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

3. onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

4. Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5. ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—

6. en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

7. sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

8. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9. nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

10. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

11. Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

12. dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

13. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

14. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

15. deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

16. en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

17. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

18. want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

19. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20. gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21. in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,

22. in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

About Efesiërs Chapter 2

Read Efesiërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Efesiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Efesiërs
Chapter: 2
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Efesiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Efesiërs Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Efesiërs Chapter 2?

Efesiërs Chapter 2 is part of the Book of Efesiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Efesiërs Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from efesiers

  1. Efesiërs Chapter 1
  2. Efesiërs Chapter 6
  3. Efesiërs Chapter 3
  4. Efesiërs Chapter 5
  5. Efesiërs Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Hebreërs Chapter 3
  2. Johannes Chapter 11
  3. Johannes Chapter 14
  4. Handelinge Chapter 2
  5. Kolossense Chapter 3
  6. Johannes Chapter 21
  7. Lukas Chapter 19

Related Chapters & Readings

  1. Numeri Chapter 24
  2. 1 Samuel Chapter 25
  3. Deuteronomium Chapter 28
  4. Eksodus Chapter 7
  5. Levitikus Chapter 3
  6. Openbaring Chapter 19
  7. Haggai Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *