Jesaja Chapter 36

For English

Read Jesaja Chapter 36 Online

Read Jesaja Chapter 36 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jesaja 36

Hoofstuk 36

1. En in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.

2. Toe stuur die koning van Assirië die rábsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hiskía met ‘n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.

3. Daarop gaan Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit.

4. En die rábsake sê vir hulle: Sê tog aan Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir ‘n vertroue wat jy koester?

5. Jy dink: Net ‘n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?

6. Kyk, jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.

7. Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God—is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?

8. Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.

9. Hoe sal jy dan die aanval van ‘n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!

10. Het ek dan nou sonder die HERE teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.

11. Toe sê Éljakim en Sebna en Joa vir die rábsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.

12. Maar die rábsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?

13. Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!

14. So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.

15. En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

16. Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

17. totdat ek kom en julle meeneem na ‘n land soos julle land, ‘n land van koring en mos, ‘n land van brood en wingerde.

18. Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?

19. Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskien Samaría gered uit my hand?

20. Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?

21. Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.

22. Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.

About Jesaja Chapter 36

Read Jesaja Chapter 36 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jesaja
Chapter: 36
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jesaja Chapter 36 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jesaja Chapter 36?

Jesaja Chapter 36 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 36 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jesaja

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 2
  3. Jesaja Chapter 14
  4. Jesaja Chapter 12
  5. Jesaja Chapter 3
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 25

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 10
  2. Habakuk Chapter 3
  3. Prediker Chapter 12
  4. Amos Chapter 5
  5. Jesaja Chapter 21
  6. Psalms Chapter 122
  7. 1 Konings Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 54
  2. 1 Samuel Chapter 13
  3. Levitikus Chapter 4
  4. 2 Konings Chapter 6
  5. Jesaja Chapter 7
  6. 2 Konings Chapter 1
  7. Lukas Chapter 8
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *