Read Jesaja Chapter 38 Online
Read Jesaja Chapter 38 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jesaja 38
Hoofstuk 38
1. In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
2. Toe draai Hiskía sy gesig na die muur, en hy het tot die HERE gebid
3. en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
4. Toe het die woord van die HERE tot Jesaja gekom en gesê:
5. Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,
6. en Ek sal jou uit die hand van die koning van Assirië red en ook hierdie stad; en Ek sal hierdie stad beskut.
7. En dit sal vir jou die teken wees van die kant van die HERE, dat die HERE hierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:
8. Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser, laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.
9. Geskrif van Hiskía, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.
10. Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.
11. Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.
12. My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos ‘n herderstent; ek het my lewe opgerol soos ‘n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.
13. Bring ek myself tot bedaring tot die môre—soos ‘n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
14. Soos ‘n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos ‘n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is benoud, wees U my Borg!
15. Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.
16. Here, by hierdie dinge leef ‘n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!
17. Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.
18. Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.
19. Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.
20. Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.
21. En Jesaja het gesê: Laat hulle ‘n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.
22. En Hiskía het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van die HERE sal opgaan?
About Jesaja Chapter 38
Read Jesaja Chapter 38 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jesaja
Chapter: 38
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jesaja Chapter 38 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jesaja Chapter 38?
Jesaja Chapter 38 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 38 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jesaja
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
Explore More from Ou Testament
- Spreuke Chapter 16
- Psalms Chapter 108
- Genesis Chapter 13
- Deuteronomium Chapter 30
- Spreuke Chapter 10
- Eksodus Chapter 1
- 1 Kronieke Chapter 14