Read Jesaja Chapter 40 Online
Read Jesaja Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jesaja 40
Hoofstuk 40
1. Troos, troos my volk, sê julle God.
2. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
3. ‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God!
4. Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ‘n gelykte en die rotsagtige plekke ‘n laagte word.
5. En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
6. ‘n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos ‘n blom van die veld.
7. Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
8. Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
9. o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
10. Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
11. Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
12. Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem, en in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal?
13. Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?
14. Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
15. Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie!
16. En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.
17. Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
18. By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
19. Die ambagsman giet ‘n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.
20. Wie te arm is vir so ‘n offergawe, kies ‘n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom ‘n kunsvaardige ambagsman om ‘n beeld op te rig wat nie wankel nie.
21. Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
22. Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon.
23. Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
24. skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos ‘n stoppel.
25. By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.
26. Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.
27. Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?
28. Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
29. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
30. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;
31. maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
About Jesaja Chapter 40
Read Jesaja Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jesaja
Chapter: 40
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jesaja Chapter 40 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jesaja Chapter 40?
Jesaja Chapter 40 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 40 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jesaja
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- 2 Kronieke Chapter 18
- 2 Konings Chapter 13
- Eksodus Chapter 1
- Levitikus Chapter 15
- 1 Kronieke Chapter 7
- Esegiël Chapter 40
- 2 Konings Chapter 7