1 Tessalonisense Chapter 5

For English

Read 1 Tessalonisense Chapter 5 Online

Read 1 Tessalonisense Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Tessalonisense in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Tessalonisense and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Tessalonisense 5

Hoofstuk 5

1. Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

2. want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.

3. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

4. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

6. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

7. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

8. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

9. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

10. wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

11. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

12. Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;

13. en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.

14. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.

15. Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

16. Wees altyddeur bly.

17. Bid sonder ophou.

18. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

19. Blus die Gees nie uit nie.

20. Verag die profesieë nie.

21. Beproef alle dinge; behou die goeie.

22. Onthou julle van elke vorm van kwaad.

23. En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

24. Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

25. Broeders, bid vir ons.

26. Groet die broeders almal met ‘n heilige kus.

27. Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.

28. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

About 1 Tessalonisense Chapter 5

Read 1 Tessalonisense Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Tessalonisense in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Tessalonisense
Chapter: 5
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Tessalonisense. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Tessalonisense Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Tessalonisense Chapter 5?

1 Tessalonisense Chapter 5 is part of the Book of 1 Tessalonisense in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Tessalonisense Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1-tessalonisense

  1. 1 Tessalonisense Chapter 4
  2. 1 Tessalonisense Chapter 1
  3. 1 Tessalonisense Chapter 3
  4. 1 Tessalonisense Chapter 2

Explore More from Nuwe Testament

  1. 1 Petrus Chapter 2
  2. Romeine Chapter 1
  3. Johannes Chapter 11
  4. 1 Johannes Chapter 4
  5. Lukas Chapter 13
  6. Romeine Chapter 5
  7. Handelinge Chapter 7

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 97
  2. 2 Kronieke Chapter 4
  3. Prediker Chapter 3
  4. Jesaja Chapter 33
  5. Haggai Chapter 2
  6. 1 Samuel Chapter 12
  7. Job Chapter 15
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *