2 Samuel Chapter 10

For English

Read 2 Samuel Chapter 10 Online

Read 2 Samuel Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Samuel 10

Hoofstuk 10

1. En daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.

2. Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,

3. het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?

4. Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.

5. En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

6. Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintig duisend voetgangers, en van die koning van Máäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalf duisend man.

7. En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.

8. En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en Máäga afsonderlik in die veld was.

9. Toe Joab sien dat ‘n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel ‘n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.

10. Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.

11. En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help.

12. Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!

13. Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.

14. Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.

15. Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.

16. Ja, Hadaréser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.

17. Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.

18. Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe honderd trekperde en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.

19. En toe al die onderhorige konings van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.

About 2 Samuel Chapter 10

Read 2 Samuel Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Samuel
Chapter: 10
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Samuel Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Samuel Chapter 10?

2 Samuel Chapter 10 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Samuel

  1. 2 Samuel Chapter 2
  2. 2 Samuel Chapter 1
  3. 2 Samuel Chapter 9
  4. 2 Samuel Chapter 24
  5. 2 Samuel Chapter 18
  6. 2 Samuel Chapter 13
  7. 2 Samuel Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 23
  2. Josua Chapter 7
  3. Jona Chapter 3
  4. Rigters Chapter 11
  5. 1 Konings Chapter 21
  6. Genesis Chapter 39
  7. Josua Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 31
  2. Numeri Chapter 3
  3. Jesaja Chapter 28
  4. Matteus Chapter 8
  5. Nehemia Chapter 4
  6. Psalms Chapter 103
  7. Spreuke Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *