Rigters Chapter 5

For English

Read Rigters Chapter 5 Online

Read Rigters Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Rigters and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Rigters 5

Hoofstuk 5

1. Op dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:

2. Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het—prys die HERE!

3. Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.

4. HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.

5. Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.

6. In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.

7. Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ‘n moeder in Israel, opgestaan het.

8. Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?

9. My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk—prys die HERE!

10. Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!

11. Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.

12. Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef ‘n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!

13. Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.

14. Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;

15. en vorste in Issaskar met Debóra saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

16. Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

17. Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.

18. Sébulon is ‘n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.

19. Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo—geen stuk silwer het hulle geneem nie.

20. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;

21. die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!

22. Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

23. Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.

24. Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!

25. Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ‘n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

26. Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.

27. Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy—morsdood.

28. Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?

29. Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:

30. Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; ‘n buit van bont klere vir Sísera, ‘n buit van bont klere, veelkleurige; ‘n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.

31. So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.

About Rigters Chapter 5

Read Rigters Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Rigters
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Rigters. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Rigters Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Rigters Chapter 5?

Rigters Chapter 5 is part of the Book of Rigters in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Rigters Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from rigters

  1. Rigters Chapter 3
  2. Rigters Chapter 20
  3. Rigters Chapter 11
  4. Rigters Chapter 18
  5. Rigters Chapter 10
  6. Rigters Chapter 17
  7. Rigters Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 9
  2. Psalms Chapter 88
  3. Jeremia Chapter 3
  4. Psalms Chapter 87
  5. Jeremia Chapter 35
  6. Psalms Chapter 86
  7. Psalms Chapter 125
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *