Read Jesaja Chapter 58 Online
Read Jesaja Chapter 58 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jesaja 58
Hoofstuk 58
1. Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.
2. Wel soek hulle My dag vir dag en het ‘n behae in die kennis van my weë! Soos ‘n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het ‘n behae in die toenadering tot God.
3. Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? —Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan.
4. Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
5. Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ‘n dag wat die HERE welgevallig is?
6. Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?
7. Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
8. Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.
9. Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,
10. en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.
11. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
12. En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
13. As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
14. dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
About Jesaja Chapter 58
Read Jesaja Chapter 58 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jesaja
Chapter: 58
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jesaja Chapter 58 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jesaja Chapter 58?
Jesaja Chapter 58 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 58 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jesaja
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- Genesis Chapter 2
- 1 Konings Chapter 7
- 2 Samuel Chapter 16
- Maleagi Chapter 1
- Psalms Chapter 138
- Genesis Chapter 15
- Psalms Chapter 116