Read Numeri Chapter 12 Online
Read Numeri Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Numeri 12
Hoofstuk 12
1. En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ‘n Kusitiese vrou geneem.
2. En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
3. Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.
4. Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.
5. En die HERE het in ‘n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.
6. Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.
7. So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.
8. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
9. En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.
10. En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en—sy was melaats!
11. Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
12. Laat sy tog nie wees soos ‘n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
13. En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!
14. Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.
15. En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
16. Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.
About Numeri Chapter 12
Read Numeri Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Numeri
Chapter: 12
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Numeri Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Numeri Chapter 12?
Numeri Chapter 12 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Numeri Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Numeri
- Numeri Chapter 1
- Numeri Chapter 11
- Numeri Chapter 8
- Numeri Chapter 9
- Numeri Chapter 21
- Numeri Chapter 5
- Numeri Chapter 10
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 48
- 1 Samuel Chapter 6
- Job Chapter 27
- Psalms Chapter 43
- Eksodus Chapter 34
- Psalms Chapter 80
- Nahum Chapter 2