Read Levitikus Chapter 15 Online
Read Levitikus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Levitikus 15
Hoofstuk 15
1. Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man ‘n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.
3. En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is ‘n onreinheid in hom.
4. Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.
5. En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
6. en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
7. en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
8. En as hy wat die vloeiing het, op ‘n reine spuug, moet dié een sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
9. En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.
10. En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
11. En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
12. Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.
13. En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.
14. En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;
15. en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.
16. En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
17. Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.
18. En wat die vrou aangaan met wie ‘n man vleeslike gemeenskap het altwee moet ‘n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.
19. En as ‘n vrou ‘n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.
20. En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.
21. En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
22. En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.
24. En as ‘n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.
25. En as ‘n vrou lank ‘n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.
26. Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.
27. En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ‘n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
28. Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
29. En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.
30. Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
31. So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.
32. Dit is die wet vir hom wat ‘n vloeiing het en vir hom van wie ‘n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;
33. en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan ‘n vloeiing ly, man of vrou, en vir ‘n man wat met ‘n onrein vrou gemeenskap het.
About Levitikus Chapter 15
Read Levitikus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Levitikus
Chapter: 15
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Levitikus Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Levitikus Chapter 15?
Levitikus Chapter 15 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Levitikus
- Levitikus Chapter 19
- Levitikus Chapter 6
- Levitikus Chapter 1
- Levitikus Chapter 17
- Levitikus Chapter 12
- Levitikus Chapter 8
- Levitikus Chapter 5
Explore More from Ou Testament
- Jesaja Chapter 23
- Eksodus Chapter 19
- Jeremia Chapter 33
- Spreuke Chapter 10
- Levitikus Chapter 20
- Psalms Chapter 21
- Levitikus Chapter 3