Levitikus Chapter 1

For English

Read Levitikus Chapter 1 Online

Read Levitikus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Levitikus 1

Hoofstuk 1

1. En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ‘n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee—van beeste of van kleinvee.

3. As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.

4. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.

5. Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.

6. Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

7. En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.

8. Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

9. Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

10. En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ‘n ram sonder gebrek wees wat hy bring.

11. En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.

12. Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

13. Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

14. En as sy offer aan die HERE ‘n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.

15. En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.

16. Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.

17. Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

About Levitikus Chapter 1

Read Levitikus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Levitikus
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Levitikus Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Levitikus Chapter 1?

Levitikus Chapter 1 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Levitikus

  1. Levitikus Chapter 19
  2. Levitikus Chapter 6
  3. Levitikus Chapter 17
  4. Levitikus Chapter 12
  5. Levitikus Chapter 8
  6. Levitikus Chapter 5
  7. Levitikus Chapter 3

Explore More from Ou Testament

  1. Ester Chapter 9
  2. Deuteronomium Chapter 4
  3. 1 Kronieke Chapter 24
  4. Job Chapter 37
  5. Psalms Chapter 148
  6. 2 Samuel Chapter 12
  7. Psalms Chapter 80

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 28
  2. Josua Chapter 7
  3. Lukas Chapter 22
  4. Markus Chapter 5
  5. Lukas Chapter 9
  6. Maleagi Chapter 3
  7. Genesis Chapter 36
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *