Read Prediker Chapter 1 Online
Read Prediker Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Prediker in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Prediker and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Prediker 1
Hoofstuk 1
1. Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.
2. Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!
3. Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
4. Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.
5. En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.
6. Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.
7. Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.
8. Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.
9. Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
10. Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
11. Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
12. Ek, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.
13. En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
14. Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind.
15. Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.
16. Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ék het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.
17. Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook ‘n gejaag na wind is.
18. Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.
About Prediker Chapter 1
Read Prediker Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Prediker in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Prediker
Chapter: 1
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Prediker. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Prediker Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Prediker Chapter 1?
Prediker Chapter 1 is part of the Book of Prediker in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Prediker Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 4
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 7
Explore More from prediker
- Prediker Chapter 12
- Prediker Chapter 3
- Prediker Chapter 10
- Prediker Chapter 2
- Prediker Chapter 9
- Prediker Chapter 2
- Prediker Chapter 5