Read Deuteronomium Chapter 17 Online
Read Deuteronomium Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Deuteronomium 17
Hoofstuk 17
1. Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ‘n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
2. As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, ‘n man of ‘n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
3. en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel—wat Ek nie beveel het nie—
4. en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,
5. dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring—die man of die vrou—en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
6. Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
7. Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
8. As ‘n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding—regsake in jou poorte—dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
9. en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.
10. En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
11. Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
12. En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie—dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.
13. En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.
14. As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil ‘n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
15. dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
16. Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
17. Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.
18. En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie wet in ‘n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;
19. en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;
20. sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.
About Deuteronomium Chapter 17
Read Deuteronomium Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Deuteronomium
Chapter: 17
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Deuteronomium Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Deuteronomium Chapter 17?
Deuteronomium Chapter 17 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Deuteronomium
- Deuteronomium Chapter 1
- Deuteronomium Chapter 13
- Deuteronomium Chapter 2
- Deuteronomium Chapter 27
- Deuteronomium Chapter 23
- Deuteronomium Chapter 4
- Deuteronomium Chapter 18
Explore More from Ou Testament
- Nehemia Chapter 10
- Job Chapter 14
- Eksodus Chapter 14
- Psalms Chapter 30
- Obadja Chapter 1
- 2 Kronieke Chapter 11
- Numeri Chapter 16