Read Jeremia Chapter 43 Online
Read Jeremia Chapter 43 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jeremia 43
Hoofstuk 43
1. En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,
2. het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
3. Maar Barug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.
4. So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.
5. Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,
6. die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het—ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería—
7. en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagpánhes gekom.
8. Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:
9. Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;
10. en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.
11. En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!
12. En Ek sal ‘n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos ‘n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.
13. En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.
About Jeremia Chapter 43
Read Jeremia Chapter 43 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jeremia
Chapter: 43
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jeremia Chapter 43 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jeremia Chapter 43?
Jeremia Chapter 43 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 43 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jeremia
- Jeremia Chapter 13
- Jeremia Chapter 12
- Jeremia Chapter 39
- Jeremia Chapter 29
- Jeremia Chapter 7
- Jeremia Chapter 5
- Jeremia Chapter 38
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 86
- Eksodus Chapter 8
- Jesaja Chapter 63
- Numeri Chapter 2
- Esegiël Chapter 48
- Eksodus Chapter 19
- Job Chapter 42