Haggai Chapter 1

For English

Read Haggai Chapter 1 Online

Read Haggai Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Haggai in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Haggai and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Haggai 1

Hoofstuk 1

1. In die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en gesê:

2. So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.

3. So het die woord van die HERE dan gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

4. Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?

5. So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:

6. julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende beurs te steek.

7. So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!

8. Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ‘n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.

9. Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.

10. Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.

11. En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.

12. Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van die HERE hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die HERE hulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE.

13. Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.

14. En die HERE het die gees van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.

15. Dit was op die vier en twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van koning Daríus.

About Haggai Chapter 1

Read Haggai Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Haggai in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Haggai
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Haggai. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Haggai Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Haggai Chapter 1?

Haggai Chapter 1 is part of the Book of Haggai in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Haggai Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from haggai

  1. Haggai Chapter 2
  2. Haggai Chapter 2
  3. Haggaï Chapter 1
  4. Haggai Chapter 1
  5. Haggai Chapter 1
  6. Haggaí Chapter 2
  7. Haggaí Chapter 1

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 30
  2. Jesaja Chapter 29
  3. Levitikus Chapter 27
  4. Hosea Chapter 1
  5. Numeri Chapter 21
  6. Jesaja Chapter 51
  7. 2 Kronieke Chapter 24

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 3
  2. Lukas Chapter 14
  3. Deuteronomium Chapter 30
  4. Daniël Chapter 4
  5. Jeremia Chapter 40
  6. 2 Konings Chapter 14
  7. Psalms Chapter 132
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *