Josua Chapter 5

For English

Read Josua Chapter 5 Online

Read Josua Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Josua 5

Hoofstuk 5

1. En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

2. In dié tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.

3. Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.

4. En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

5. Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.

6. Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan ons te gee nie—’n land wat oorloop van melk en heuning.

7. Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

8. En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was.

9. Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.

10. Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

11. En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.

12. En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.

13. En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

14. En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

15. Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

About Josua Chapter 5

Read Josua Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 5?

Josua Chapter 5 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 17
  3. Josua Chapter 12
  4. Josua Chapter 14
  5. Josua Chapter 4
  6. Josua Chapter 6
  7. Josua Chapter 21

Explore More from Ou Testament

  1. Josua Chapter 17
  2. Numeri Chapter 19
  3. Eksodus Chapter 6
  4. 2 Samuel Chapter 18
  5. Jesaja Chapter 53
  6. Miga Chapter 3
  7. Esegiël Chapter 23

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 5
  2. Prediker Chapter 8
  3. Rigters Chapter 2
  4. Levitikus Chapter 21
  5. Spreuke Chapter 18
  6. 2 Konings Chapter 14
  7. Levitikus Chapter 10
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *