Jeremia Chapter 19

For English

Read Jeremia Chapter 19 Online

Read Jeremia Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 19

Hoofstuk 19

1. So sê die HERE: Gaan koop vir jou ‘n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters.

2. En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek.

3. En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit;

4. omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het—hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.

5. En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl—iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie.

6. Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.

7. En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

8. En Ek sal hierdie stad maak ‘n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.

9. En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.

10. Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,

11. en vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ‘n mens ‘n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.

12. So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die HERE, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet.

13. En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.

14. Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en aan die hele volk gesê:

15. So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

About Jeremia Chapter 19

Read Jeremia Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 19
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 19 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 19?

Jeremia Chapter 19 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 19 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 12
  3. Jeremia Chapter 39
  4. Jeremia Chapter 29
  5. Jeremia Chapter 7
  6. Jeremia Chapter 5
  7. Jeremia Chapter 38

Explore More from Ou Testament

  1. Spreuke Chapter 6
  2. Jesaja Chapter 12
  3. 2 Konings Chapter 20
  4. Rigters Chapter 3
  5. 2 Samuel Chapter 3
  6. Psalms Chapter 117
  7. 1 Konings Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 48
  2. Psalms Chapter 25
  3. Genesis Chapter 28
  4. Genesis Chapter 42
  5. Genesis Chapter 10
  6. Lukas Chapter 12
  7. Esegiël Chapter 33
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *