Read 2 Timoteus Chapter 2 Online
Read 2 Timoteus Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Timoteus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Timoteus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Timoteus 2
Hoofstuk 2
1. Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;
2. en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
3. Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.
4. Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
5. En verder, as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.
6. Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
7. Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!
8. Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
9. waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ‘n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.
10. Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
11. Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
12. As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
13. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
14. Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.
15. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
16. Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
17. en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
18. wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
19. Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
20. Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
21. As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
22. Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
23. En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
24. en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
25. Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
26. en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
About 2 Timoteus Chapter 2
Read 2 Timoteus Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Timoteus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Timoteus
Chapter: 2
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Timoteus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Timoteus Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Timoteus Chapter 2?
2 Timoteus Chapter 2 is part of the Book of 2 Timoteus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Timoteus Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-timoteus
- 2 Timoteus Chapter 1
- 2 Timoteus Chapter 3
- 2 Timoteus Chapter 4
- 2 Timoteus Chapter 2
- 2 Timóteus Chapter 1
- 2 Timoteus Chapter 1
- 2 Timoteus Chapter 3
Explore More from Nuwe Testament
- Galasiërs Chapter 3
- Hebreërs Chapter 9
- Lukas Chapter 8
- Titus Chapter 2
- Markus Chapter 15
- 2 Korintiërs Chapter 1
- 1 Tessalonisense Chapter 4