Read Levitikus Chapter 3 Online
Read Levitikus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Levitikus 3
Hoofstuk 3
1. En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
2. En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
3. Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
4. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
5. En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
6. En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, as ‘n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
7. As hy ‘n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
8. en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
9. Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
10. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
11. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE.
12. En as sy offer ‘n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
13. en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
14. Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
15. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
16. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
17. ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
About Levitikus Chapter 3
Read Levitikus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Levitikus
Chapter: 3
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Levitikus Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Levitikus Chapter 3?
Levitikus Chapter 3 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Levitikus
- Levitikus Chapter 19
- Levitikus Chapter 6
- Levitikus Chapter 1
- Levitikus Chapter 12
- Levitikus Chapter 8
- Levitikus Chapter 5
- Levitikus Chapter 17
Explore More from Ou Testament
- Genesis Chapter 3
- Miga Chapter 4
- Psalms Chapter 144
- Psalms Chapter 60
- Amos Chapter 2
- Psalms Chapter 72
- 1 Samuel Chapter 13