Read Numeri Chapter 29 Online
Read Numeri Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Numeri 29
Hoofstuk 29
1. En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle ‘n dag van trompetgeklank wees.
2. Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
3. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van ‘n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
4. en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
5. en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;
6. behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif—tot ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer aan die HERE.
7. En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.
8. Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
9. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,
10. een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
11. een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort—en hulle drankoffers.
12. En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE ‘n fees vier.
13. En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
14. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,
15. en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;
16. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
17. Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
18. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
19. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.
20. En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
21. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
22. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
23. Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
24. hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
25. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
26. En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
27. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
28. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
29. Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
30. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
31. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
32. En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
33. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
34. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
35. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36. En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
37. hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
38. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
39. Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
40. En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.
About Numeri Chapter 29
Read Numeri Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Numeri
Chapter: 29
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Numeri Chapter 29 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Numeri Chapter 29?
Numeri Chapter 29 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Numeri Chapter 29 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Numeri
- Numeri Chapter 1
- Numeri Chapter 9
- Numeri Chapter 11
- Numeri Chapter 8
- Numeri Chapter 4
- Numeri Chapter 3
- Numeri Chapter 21
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 67
- Prediker Chapter 2
- Eksodus Chapter 9
- Psalms Chapter 83
- Numeri Chapter 27
- Psalms Chapter 39
- Psalms Chapter 32