Read Numeri Chapter 25 Online
Read Numeri Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Numeri 25
Hoofstuk 25
1. Toe Israel in Sittim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete—
2. dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.
3. So het Israel hom dan gekoppel aan Baäl-Peor, en die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam.
4. Toe sê die HERE vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir die HERE, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.
5. Daarop het Moses aan die rigters in Israel gesê: Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.
6. En daar het ‘n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ‘n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.
7. Toe Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ‘n spies in sy hand geneem
8. en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag onder die kinders van Israel opgehou.
9. En die wat deur die plaag gesterf het, was vier en twintig duisend.
10. Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
11. Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.
12. Daarom spreek: Kyk, Ek sluit met hom my vredeverbond,
13. en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.
14. En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van ‘n familie van die Simeoniete.
15. En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van ‘n familie in Mídian.
16. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
17. Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,
18. want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.
About Numeri Chapter 25
Read Numeri Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Numeri
Chapter: 25
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Numeri Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Numeri Chapter 25?
Numeri Chapter 25 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Numeri Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Numeri
- Numeri Chapter 1
- Numeri Chapter 11
- Numeri Chapter 8
- Numeri Chapter 9
- Numeri Chapter 21
- Numeri Chapter 5
- Numeri Chapter 10
Explore More from Ou Testament
- Deuteronomium Chapter 12
- Psalms Chapter 96
- Eksodus Chapter 14
- 2 Konings Chapter 18
- Esegiël Chapter 48
- Sagaria Chapter 7
- 2 Konings Chapter 2