Levitikus Chapter 5

For English

Read Levitikus Chapter 5 Online

Read Levitikus Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Levitikus 5

Hoofstuk 5

1. En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;

2. of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;

3. of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;

4. of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;

5. as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het,

6. en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ‘n ooi bring van die kleinvee, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

7. Maar as hy nie ‘n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;

8. en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.

9. Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ‘n sondoffer.

10. En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

11. Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer.

12. En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar ‘n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is ‘n sondoffer.

13. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.

14. Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:

15. As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ‘n skuldoffer.

16. En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.

17. En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,

18. dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.

19. Dit is ‘n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.

About Levitikus Chapter 5

Read Levitikus Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Levitikus
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Levitikus Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Levitikus Chapter 5?

Levitikus Chapter 5 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Levitikus

  1. Levitikus Chapter 19
  2. Levitikus Chapter 1
  3. Levitikus Chapter 12
  4. Levitikus Chapter 6
  5. Levitikus Chapter 3
  6. Levitikus Chapter 22
  7. Levitikus Chapter 17

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 32
  2. Obadja Chapter 1
  3. Esegiël Chapter 11
  4. Genesis Chapter 31
  5. 2 Kronieke Chapter 17
  6. Psalms Chapter 140
  7. 1 Kronieke Chapter 4

Related Chapters & Readings

  1. Josua Chapter 2
  2. Lukas Chapter 18
  3. Psalms Chapter 58
  4. Genesis Chapter 17
  5. Josua Chapter 7
  6. Eksodus Chapter 15
  7. 1 Samuel Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *