Jeremia Chapter 24

For English

Read Jeremia Chapter 24 Online

Read Jeremia Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 24

Hoofstuk 24

1. Die HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE—nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.

2. In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.

3. En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.

4. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

5. So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;

6. en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.

7. En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

8. En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet—waarlik, so sê die HERE—só sal Ek Sedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;

9. en Ek sal hulle ‘n skrikbeeld maak, ‘n onheil vir al die koninkryke van die aarde, ‘n smaad en ‘n spreekwoord, ‘n spot en ‘n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;

10. en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.

About Jeremia Chapter 24

Read Jeremia Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 24?

Jeremia Chapter 24 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 12
  3. Jeremia Chapter 5
  4. Jeremia Chapter 7
  5. Jeremia Chapter 9
  6. Jeremia Chapter 32
  7. Jeremia Chapter 29

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Konings Chapter 10
  2. 1 Samuel Chapter 18
  3. 2 Kronieke Chapter 35
  4. Eksodus Chapter 18
  5. Daniël Chapter 8
  6. Esegiël Chapter 11
  7. 2 Samuel Chapter 7

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 10
  2. 2 Samuel Chapter 20
  3. Markus Chapter 15
  4. 1 Korintiërs Chapter 8
  5. 1 Kronieke Chapter 9
  6. 2 Konings Chapter 4
  7. Job Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *