Deuteronomium Chapter 25

For English

Read Deuteronomium Chapter 25 Online

Read Deuteronomium Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

A+ A A-

Deuteronomium 25

Hoofstuk 25

1. As daar tussen manne ‘n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,

2. as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ‘n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;

3. veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.

4. Jy mag ‘n os nie muilband as hy graan dors nie.

5. As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ‘n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ‘n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;

6. en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.

7. Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie—

8. dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie—

9. dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.

10. En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.

11. As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,

12. dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.

13. Jy mag nie twee soorte weegstene, ‘n grote en ‘n kleintjie, in jou sak hê nie.

14. Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, ‘n grote en ‘n kleintjie, hê nie.

15. Jy moet ‘n volle en regte gewig hê; jy moet ‘n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

16. Want almal wat hierdie dinge doen, is ‘n gruwel vir die HERE jou God—almal wat onreg doen.

17. Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,

18. hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.

19. As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.

About Deuteronomium Chapter 25

Read Deuteronomium Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Deuteronomium
Chapter: 25
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Deuteronomium Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Deuteronomium Chapter 25?

Deuteronomium Chapter 25 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Deuteronomium

  1. Deuteronomium Chapter 1
  2. Deuteronomium Chapter 4
  3. Deuteronomium Chapter 2
  4. Deuteronomium Chapter 27
  5. Deuteronomium Chapter 16
  6. Deuteronomium Chapter 13
  7. Deuteronomium Chapter 24

Explore More from Ou Testament

  1. Hosea Chapter 10
  2. Miga Chapter 3
  3. Psalms Chapter 142
  4. 2 Kronieke Chapter 29
  5. Esegiël Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 30
  7. Hooglied Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Markus Chapter 2
  2. Hosea Chapter 7
  3. Josua Chapter 15
  4. Deuteronomium Chapter 16
  5. Jeremia Chapter 1
  6. Esra Chapter 9
  7. Openbaring Chapter 15
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *