Deuteronomium Chapter 23

For English

Read Deuteronomium Chapter 23 Online

Read Deuteronomium Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Deuteronomium 23

Hoofstuk 23

1. Hy wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.

2. Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.

3. Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;

4. omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.

5. Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.

6. Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.

7. Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land.

8. Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom.

9. Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.

10. As daar iemand by jou is wat weens ‘n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

11. Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.

12. Jy moet buitekant die laer ‘n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.

13. En jy moet by jou gereedskap ‘n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.

14. Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.

15. Jy mag ‘n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.

16. Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.

17. Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.

18. Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God ‘n gruwel.

19. Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ‘n mens teen rente uitleen nie.

20. Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

21. As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

22. Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23. Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.

24. As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.

25. As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ‘n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

About Deuteronomium Chapter 23

Read Deuteronomium Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Deuteronomium
Chapter: 23
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Deuteronomium Chapter 23 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Deuteronomium Chapter 23?

Deuteronomium Chapter 23 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 23 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Deuteronomium

  1. Deuteronomium Chapter 1
  2. Deuteronomium Chapter 2
  3. Deuteronomium Chapter 4
  4. Deuteronomium Chapter 27
  5. Deuteronomium Chapter 25
  6. Deuteronomium Chapter 16
  7. Deuteronomium Chapter 13

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 1
  2. Genesis Chapter 38
  3. 2 Kronieke Chapter 23
  4. Psalms Chapter 12
  5. Amos Chapter 7
  6. Psalms Chapter 115
  7. Deuteronomium Chapter 34

Related Chapters & Readings

  1. 1 Samuel Chapter 4
  2. Hosea Chapter 10
  3. Jeremia Chapter 27
  4. Hebreërs Chapter 1
  5. 1 Timoteus Chapter 3
  6. Daniël Chapter 11
  7. Openbaring Chapter 17
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *