Josua Chapter 13

For English

Read Josua Chapter 13 Online

Read Josua Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Josua 13

Hoofstuk 13

1. En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog ‘n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.

2. Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,

3. van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Askelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete

4. in die suide; die hele land van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;

5. en die land van die Gibliete en die hele Líbanon aan die oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat.

6. Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs—Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.

7. Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.

8. Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:

9. van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Médeba af tot by Dibon;

10. en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;

11. en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;

12. die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Astarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).

13. Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.

14. Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.

15. En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;

16. sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Médeba;

17. Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Meon

18. en Jahas en Kedémot en Mefáät;

19. en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

20. en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;

21. en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.

22. By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.

23. So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24. En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;

25. sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Aroër wat teenoor Rabba lê,

26. van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;

27. en in die dal: Bet— Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.

28. Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

29. Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte—

30. hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;

31. en die halwe Gílead en Astarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse—aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

32. Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;

33. maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die HERE, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.

About Josua Chapter 13

Read Josua Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 13
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 13?

Josua Chapter 13 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 5
  3. Josua Chapter 17
  4. Josua Chapter 12
  5. Josua Chapter 14
  6. Josua Chapter 4
  7. Josua Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 36
  2. Genesis Chapter 22
  3. Numeri Chapter 14
  4. Jesaja Chapter 42
  5. Esegiël Chapter 20
  6. Psalms Chapter 114
  7. 1 Konings Chapter 22

Related Chapters & Readings

  1. Miga Chapter 5
  2. 1 Samuel Chapter 23
  3. Eksodus Chapter 23
  4. Eksodus Chapter 21
  5. Openbaring Chapter 17
  6. Hosea Chapter 10
  7. Handelinge Chapter 9
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *