Read Openbaring Chapter 4 Online
Read Openbaring Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Openbaring 4
Hoofstuk 4
1. Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
2. En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.
3. En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.
4. En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.
5. En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
6. en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
7. En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.
8. En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
9. En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
10. val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:
11. U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
About Openbaring Chapter 4
Read Openbaring Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Openbaring
Chapter: 4
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Openbaring Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Openbaring Chapter 4?
Openbaring Chapter 4 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Nuwe Testament
- Johannes Chapter 1
- Johannes Chapter 13
- Johannes Chapter 15
- Johannes Chapter 14
- Johannes Chapter 8
- Johannes Chapter 7
- Johannes Chapter 5
Explore More from Openbaring
- Openbaring Chapter 1
- Openbaring Chapter 3
- Openbaring Chapter 10
- Openbaring Chapter 18
- Openbaring Chapter 16
- Openbaring Chapter 10
- Openbaring Chapter 4