Jeremia Chapter 12

For English

Read Jeremia Chapter 12 Online

Read Jeremia Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 12

Hoofstuk 12

1. Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?

2. U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.

3. Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.

4. Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!

5. As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in ‘n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan?

6. Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.

7. Ek het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.

8. My erfenis het vir My geword soos ‘n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.

9. Is my erfenis dan vir My ‘n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.

10. Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land ‘n woeste wildernis gemaak,

11. hulle het dit ‘n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.

12. Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.

13. Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.

14. So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het—kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.

15. Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.

16. En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl—dan sal hulle onder my volk gebou word.

17. Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.

About Jeremia Chapter 12

Read Jeremia Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 12
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 12?

Jeremia Chapter 12 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 5
  3. Jeremia Chapter 7
  4. Jeremia Chapter 9
  5. Jeremia Chapter 32
  6. Jeremia Chapter 29
  7. Jeremia Chapter 17

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 103
  2. Job Chapter 28
  3. Eksodus Chapter 4
  4. 2 Konings Chapter 14
  5. Psalms Chapter 18
  6. Josua Chapter 1
  7. Eksodus Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 17
  2. Efesiërs Chapter 6
  3. Jesaja Chapter 24
  4. 2 Timoteus Chapter 1
  5. Genesis Chapter 35
  6. Spreuke Chapter 30
  7. Jeremia Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *