Jakobus Chapter 1

For English

Read Jakobus Chapter 1 Online

Read Jakobus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jakobus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jakobus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jakobus 1

Hoofstuk 1

1. Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

2. Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,

3. omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

4. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

5. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

6. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—

8. so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

9. Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,

10. en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n blom van die gras sal hy verbygaan.

11. Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.

12. Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

13. Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

14. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

15. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

16. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

17. Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

18. Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

19. So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

20. Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

21. Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

22. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

23. Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien;

24. want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

26. As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

27. Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

About Jakobus Chapter 1

Read Jakobus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jakobus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jakobus
Chapter: 1
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jakobus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jakobus Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jakobus Chapter 1?

Jakobus Chapter 1 is part of the Book of Jakobus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jakobus Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from jakobus

  1. Jakobus Chapter 4
  2. Jakobus Chapter 2
  3. Jakobus Chapter 5
  4. Jakobus Chapter 3
  5. Jakobus Chapter 1
  6. Jakobus Chapter 2
  7. Jakobus Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Markus Chapter 11
  2. Johannes Chapter 18
  3. Markus Chapter 12
  4. 1 Tessalonisense Chapter 5
  5. Lukas Chapter 15
  6. Openbaring Chapter 13
  7. Lukas Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 125
  2. Job Chapter 26
  3. Jakobus Chapter 3
  4. Jesaja Chapter 37
  5. 1 Samuel Chapter 12
  6. Openbaring Chapter 11
  7. 2 Kronieke Chapter 6
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *