Numeri Chapter 34

For English

Read Numeri Chapter 34 Online

Read Numeri Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Numeri 34

Hoofstuk 34

1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2. Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.

3. Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;

4. en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.

5. Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6. Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7. En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.

8. Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.

9. Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10. Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11. En die grens moet afloop van Sefam af na Ribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.

12. Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13. En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14. Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang—hulle het hul erfdeel ontvang.

15. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.

16. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17. Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.

18. Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19. En dit is die name van die manne: van die stam van Juda—Kaleb, die seun van Jefúnne;

20. en van die stam van Símeon se kinders—Sémuel, die seun van Ammihud;

21. van die stam van Benjamin—Elídad, die seun van Kislon;

22. en van die stam van Dan se kinders as owerste—Bukki, die seun van Jogli;

23. van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste—Hánniël, die seun van Efod;

24. en van die stam van Efraim se kinders as owerste—Kémuel, die seun van Siftan;

25. en van die stam van Sébulon se kinders as owerste—Elísafan, die seun van Parnag;

26. en van die stam van Issaskar se kinders as owerste—Páltiël, die seun van Assan;

27. en van die stam van Aser se kinders as owerste—Ahíhud, die seun van Selómi;

28. en van die stam van Náftali se kinders as owerste—Pedáel, die seun van Ammihud.

29. Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

About Numeri Chapter 34

Read Numeri Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Numeri
Chapter: 34
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Numeri Chapter 34 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Numeri Chapter 34?

Numeri Chapter 34 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Numeri Chapter 34 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Numeri

  1. Numeri Chapter 1
  2. Numeri Chapter 9
  3. Numeri Chapter 11
  4. Numeri Chapter 8
  5. Numeri Chapter 21
  6. Numeri Chapter 5
  7. Numeri Chapter 4

Explore More from Ou Testament

  1. Daniël Chapter 2
  2. Esegiël Chapter 20
  3. Numeri Chapter 32
  4. Jeremia Chapter 23
  5. Deuteronomium Chapter 2
  6. Psalms Chapter 56
  7. Numeri Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Kolossense Chapter 1
  2. Prediker Chapter 12
  3. Genesis Chapter 34
  4. Jesaja Chapter 54
  5. Jesaja Chapter 35
  6. Psalms Chapter 109
  7. Psalms Chapter 119
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *