Deuteronomium Chapter 19

For English

Read Deuteronomium Chapter 19 Online

Read Deuteronomium Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Deuteronomium 19

Hoofstuk 19

1. As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,

2. dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem.

3. Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat ‘n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.

4. En dit is die saak van hom wat ‘n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;

5. en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe—hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;

6. sodat die bloedwreker hom wat ‘n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal—omdat die pad lank is—en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.

7. Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.

8. En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee

9. —as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel—dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,

10. sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.

11. Maar as iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,

12. dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.

13. Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.

14. Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.

15. Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak van krag wees.

16. As ‘n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van ‘n oortreding teen hom te getuig,

17. dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.

18. En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie ‘n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,

19. dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

20. En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie.

21. En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.

About Deuteronomium Chapter 19

Read Deuteronomium Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Deuteronomium
Chapter: 19
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Deuteronomium Chapter 19 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Deuteronomium Chapter 19?

Deuteronomium Chapter 19 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 19 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Deuteronomium

  1. Deuteronomium Chapter 1
  2. Deuteronomium Chapter 13
  3. Deuteronomium Chapter 16
  4. Deuteronomium Chapter 2
  5. Deuteronomium Chapter 27
  6. Deuteronomium Chapter 23
  7. Deuteronomium Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Esra Chapter 10
  2. Genesis Chapter 39
  3. Spreuke Chapter 16
  4. Eksodus Chapter 12
  5. Psalms Chapter 150
  6. Genesis Chapter 28
  7. Numeri Chapter 31

Related Chapters & Readings

  1. Amos Chapter 1
  2. Esegiël Chapter 43
  3. Prediker Chapter 2
  4. 1 Kronieke Chapter 25
  5. Psalms Chapter 6
  6. Eksodus Chapter 26
  7. Psalms Chapter 134
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *