1 Timoteus Chapter 6

For English

Read 1 Timoteus Chapter 6 Online

Read 1 Timoteus Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Timoteus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Timoteus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Timoteus 6

Hoofstuk 6

1. Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

2. En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.

3. As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,

4. dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

5. nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

6. Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.

7. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.

8. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

9. Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

10. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

11. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

12. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

13. Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,

14. dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus

15. wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,

16. wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

17. Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;

18. dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

19. en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

20. o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

21. waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ‘n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.

About 1 Timoteus Chapter 6

Read 1 Timoteus Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Timoteus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Timoteus
Chapter: 6
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Timoteus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Timoteus Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Timoteus Chapter 6?

1 Timoteus Chapter 6 is part of the Book of 1 Timoteus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Timoteus Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1-timoteus

  1. 1 Timoteus Chapter 4
  2. 1 Timoteus Chapter 5
  3. 1 Timoteus Chapter 3
  4. 1 Timoteus Chapter 2
  5. 1 Timoteus Chapter 1
  6. 1 Timoteus Chapter 3
  7. 1 Timoteus Chapter 6

Explore More from Nuwe Testament

  1. 1 Korintiërs Chapter 7
  2. Lukas Chapter 24
  3. Jakobus Chapter 1
  4. Matteus Chapter 27
  5. Hebreërs Chapter 9
  6. Matteus Chapter 24
  7. Romeine Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 7
  2. 1 Samuel Chapter 25
  3. Jesaja Chapter 49
  4. Eksodus Chapter 7
  5. Jesaja Chapter 14
  6. 1 Kronieke Chapter 21
  7. Psalms Chapter 105
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *