Read Johannes Chapter 12 Online
Read Johannes Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Johannes and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Johannes 12
Hoofstuk 12
1. En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
2. Hulle het toe vir Hom daar ‘n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
3. En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
4. Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5. Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6. En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ‘n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7. Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
8. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
9. En ‘n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
10. En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
11. omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
12. Die volgende dag het ‘n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
13. palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
14. En Jesus het ‘n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
15. Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ‘n esel.
16. Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.
17. En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.
18. Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.
19. En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.
20. En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;
21. hulle het na Filippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.
22. Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.
23. Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
24. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
25. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
26. As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
27. Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
28. Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
29. En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ‘n donderslag gewees het. Ander het gesê: ‘n Engel het met Hom gespreek.
30. Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.
31. Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
32. En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.
33. En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
34. Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
35. En Jesus sê vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.
36. So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.
37. En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;
38. sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
39. Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:
40. Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
41. Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.
42. Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
43. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
44. En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.
45. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
46. Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
47. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
48. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
49. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
50. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
About Johannes Chapter 12
Read Johannes Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Johannes
Chapter: 12
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Johannes. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Johannes Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Johannes Chapter 12?
Johannes Chapter 12 is part of the Book of Johannes in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Johannes Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Johannes
- Johannes Chapter 1
- Johannes Chapter 15
- Johannes Chapter 13
- Johannes Chapter 14
- Johannes Chapter 8
- Johannes Chapter 7
- Johannes Chapter 2
Explore More from Nuwe Testament
- 2 Korintiërs Chapter 2
- Markus Chapter 9
- 1 Timoteus Chapter 5
- Efesiërs Chapter 4
- Hebreërs Chapter 10
- Handelinge Chapter 10
- Johannes Chapter 7