Levitikus Chapter 17

For English

Read Levitikus Chapter 17 Online

Read Levitikus Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Levitikus 17

Hoofstuk 17

1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2. Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat die HERE beveel het:

3. Elkeen uit die huis van Israel wat ‘n bees of ‘n lam of ‘n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,

4. en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ‘n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit;

5. sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.

6. Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.

7. En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees vir hulle geslagte.

8. En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ‘n brandoffer of ‘n slagoffer bring,

9. en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

10. En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.

11. Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

12. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.

13. En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ‘n stuk wild of ‘n voël vang wat geëet mag word hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;

14. want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.

15. En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ‘n kind van die land sowel as ‘n vreemdeling, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.

16. Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.

About Levitikus Chapter 17

Read Levitikus Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Levitikus
Chapter: 17
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Levitikus Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Levitikus Chapter 17?

Levitikus Chapter 17 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Levitikus

  1. Levitikus Chapter 19
  2. Levitikus Chapter 6
  3. Levitikus Chapter 1
  4. Levitikus Chapter 12
  5. Levitikus Chapter 8
  6. Levitikus Chapter 5
  7. Levitikus Chapter 3

Explore More from Ou Testament

  1. Daniël Chapter 1
  2. Spreuke Chapter 18
  3. 2 Samuel Chapter 19
  4. Genesis Chapter 45
  5. Eksodus Chapter 30
  6. Eksodus Chapter 23
  7. Psalms Chapter 40

Related Chapters & Readings

  1. Openbaring Chapter 19
  2. Jeremia Chapter 9
  3. Esegiël Chapter 10
  4. Eksodus Chapter 20
  5. Handelinge Chapter 4
  6. Levitikus Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 22
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *