Josua Chapter 18

For English

Read Josua Chapter 18 Online

Read Josua Chapter 18 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

A+ A A-

Josua 18

Hoofstuk 18

1. Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

2. Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.

3. Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?

4. Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom

5. en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.

6. Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God.

7. Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.

8. Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo.

9. En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in ‘n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.

10. Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.

11. En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;

12. en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;

13. en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;

14. dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;

15. en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag;

16. dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refaïete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;

17. verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;

18. dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba in noordelike rigting en loop af na die Araba;

19. verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;

20. en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.

21. En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,

22. en Bet-Araba en Semaráim en Bet-el,

23. en Haäwim en Para en Ofra,

24. en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;

25. Gíbeon en Rama en Beërot,

26. en Mispe en Kefíra en Mosa,

27. en Rekem en Jírpeël en Táreala,

28. en Sela, Elef en Jebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.

About Josua Chapter 18

Read Josua Chapter 18 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 18
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 18 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 18?

Josua Chapter 18 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 18 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 5
  3. Josua Chapter 17
  4. Josua Chapter 12
  5. Josua Chapter 4
  6. Josua Chapter 14
  7. Josua Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 132
  2. 1 Kronieke Chapter 3
  3. Numeri Chapter 3
  4. Jesaja Chapter 4
  5. Jesaja Chapter 24
  6. Rigters Chapter 9
  7. 2 Kronieke Chapter 17

Related Chapters & Readings

  1. Job Chapter 10
  2. Genesis Chapter 38
  3. Genesis Chapter 48
  4. Jesaja Chapter 23
  5. Psalms Chapter 131
  6. Markus Chapter 3
  7. 2 Konings Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *