Jeremia Chapter 25

For English

Read Jeremia Chapter 25 Online

Read Jeremia Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 25

Hoofstuk 25

1. Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda—dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel—

2. waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:

3. Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag—nou drie en twintig jaar lank—het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.

4. Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat—maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie—

5. met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;

6. en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.

7. Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE—om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.

8. Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie,

9. laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak ‘n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.

10. En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.

11. En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.

12. En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.

13. En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het—alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.

14. Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.

15. Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,

16. dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.

17. En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;

18. naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak ‘n puinhoop, ‘n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;

19. Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;

20. en die hele gemengde bevolking en al die konings van die land Us; en al die konings van die land van die Filistyne, en Askelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;

21. Edom en Moab en die kinders van Ammon;

22. en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die kusland wat oorkant die see is;

23. Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;

24. en al die konings van Arabië en al die konings van die gemengde bevolking wat in die woestyn woon;

25. en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;

26. en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een ná die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal ná hulle drink.

27. En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.

28. En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink sál julle!

29. Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile—en sal júlle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.

30. Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.

31. Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose—aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.

32. So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

33. En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

34. Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos ‘n kosbare voorwerp.

35. Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.

36. Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.

37. En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van die HERE.

38. Hy het soos ‘n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het ‘n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.

About Jeremia Chapter 25

Read Jeremia Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 25
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 25?

Jeremia Chapter 25 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 12
  3. Jeremia Chapter 5
  4. Jeremia Chapter 7
  5. Jeremia Chapter 17
  6. Jeremia Chapter 9
  7. Jeremia Chapter 32

Explore More from Ou Testament

  1. Habakuk Chapter 3
  2. 2 Konings Chapter 17
  3. Psalms Chapter 123
  4. Numeri Chapter 15
  5. Deuteronomium Chapter 11
  6. 2 Samuel Chapter 8
  7. 2 Kronieke Chapter 35

Related Chapters & Readings

  1. Deuteronomium Chapter 27
  2. Jesaja Chapter 40
  3. Jeremia Chapter 39
  4. Nehemia Chapter 3
  5. Levitikus Chapter 12
  6. 1 Samuel Chapter 25
  7. Openbaring Chapter 10
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *