Read Hooglied Chapter 2 Online
Read Hooglied Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hooglied in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hooglied and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hooglied 2
Hoofstuk 2
1. Ek is ‘n narsing van Saron, ‘n lelie van die dale.
2. Soos ‘n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.
3. Soos ‘n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.
4. Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.
5. Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.
6. Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.
7. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.
8. Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.
9. My beminde lyk soos ‘n gemsbok of soos ‘n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.
10. My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
11. Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.
12. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.
13. Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
14. My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.
15. Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.
16. My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.
17. Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.
About Hooglied Chapter 2
Read Hooglied Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hooglied in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hooglied
Chapter: 2
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hooglied. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hooglied Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hooglied Chapter 2?
Hooglied Chapter 2 is part of the Book of Hooglied in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hooglied Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from hooglied
- Hooglied Chapter 3
- Hooglied Chapter 1
- Hooglied Chapter 5
- Hooglied Chapter 4
- Hooglied Chapter 8
- Hooglied Chapter 6
- Hooglied Chapter 7
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 26
- Klaagliedere Chapter 3
- Eksodus Chapter 15
- 1 Samuel Chapter 19
- Psalms Chapter 62
- 1 Samuel Chapter 25
- 2 Kronieke Chapter 32