Deuteronomium Chapter 8

For English

Read Deuteronomium Chapter 8 Online

Read Deuteronomium Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Deuteronomium 8

Hoofstuk 8

1. Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met ‘n eed beloof het.

2. En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

3. En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

4. Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.

5. Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig,

6. en hou die gebooie van die HERE jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

7. Want die HERE jou God bring jou in ‘n goeie land, ‘n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;

8. ‘n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ‘n land van olieryke olyfbome en heuning;

9. ‘n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ‘n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;

10. en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

11. Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

12. sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,

13. en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder—

14. en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

15. wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;

16. wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen—

17. en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

18. Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.

19. Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;

20. soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.

About Deuteronomium Chapter 8

Read Deuteronomium Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Deuteronomium
Chapter: 8
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Deuteronomium Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Deuteronomium Chapter 8?

Deuteronomium Chapter 8 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Deuteronomium

  1. Deuteronomium Chapter 1
  2. Deuteronomium Chapter 13
  3. Deuteronomium Chapter 2
  4. Deuteronomium Chapter 27
  5. Deuteronomium Chapter 23
  6. Deuteronomium Chapter 4
  7. Deuteronomium Chapter 18

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Samuel Chapter 14
  2. Hosea Chapter 2
  3. Genesis Chapter 45
  4. Genesis Chapter 19
  5. Rigters Chapter 12
  6. Esegiël Chapter 31
  7. Genesis Chapter 10

Related Chapters & Readings

  1. Jeremia Chapter 26
  2. Rigters Chapter 7
  3. Jeremia Chapter 16
  4. 2 Korintiërs Chapter 2
  5. Job Chapter 11
  6. 2 Korintiërs Chapter 8
  7. Hebreërs Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *