Matteus Chapter 15

For English

Read Matteus Chapter 15 Online

Read Matteus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Matteus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Matteus 15

Hoofstuk 15

1. Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê:

2. Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.

3. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?

4. Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

5. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ‘n offergawe—dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.

6. So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.

7. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8. Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

9. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

10. En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!

11. Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

12. Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?

13. Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.

14. Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.

15. En Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis.

16. Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand?

17. Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?

18. Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.

19. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.

20. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.

21. En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.

22. En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.

23. Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.

24. Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

25. Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!

26. Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.

27. En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.

28. Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

29. Toe gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.

30. En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,

31. sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.

32. Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.

33. En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ‘n groot skare te versadig?

34. Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ‘n paar vissies.

35. En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.

36. Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.

37. En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

38. En die wat geëet het, was vier duisend manne buiten die vroue en kinders.

39. En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van Mágdala gekom.

About Matteus Chapter 15

Read Matteus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Matteus
Chapter: 15
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Matteus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Matteus Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Matteus Chapter 15?

Matteus Chapter 15 is part of the Book of Matteus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Matteus Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Matteus

  1. Matteus Chapter 2
  2. Matteus Chapter 18
  3. Matteus Chapter 6
  4. Matteus Chapter 5
  5. Matteus Chapter 11
  6. Matteus Chapter 9
  7. Matteus Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Markus Chapter 1
  2. Johannes Chapter 18
  3. 1 Petrus Chapter 1
  4. Markus Chapter 11
  5. Efesiërs Chapter 1
  6. 2 Petrus Chapter 2
  7. Johannes Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 9
  2. Eksodus Chapter 25
  3. Psalms Chapter 84
  4. Johannes Chapter 17
  5. Job Chapter 15
  6. 2 Samuel Chapter 14
  7. Numeri Chapter 29
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *