Josua Chapter 3

For English

Read Josua Chapter 3 Online

Read Josua Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Josua 3

Hoofstuk 3

1. Daarop het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

2. En aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan

3. en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.

4. Maar laat daar ‘n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie.

5. Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.

6. En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.

7. Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.

8. Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.

9. Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.

10. Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ‘n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:

11. Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.

12. Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam;

13. en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word—die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.

14. En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,

15. en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,

16. bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

17. Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.

About Josua Chapter 3

Read Josua Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 3
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 3?

Josua Chapter 3 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 5
  3. Josua Chapter 17
  4. Josua Chapter 12
  5. Josua Chapter 14
  6. Josua Chapter 4
  7. Josua Chapter 21

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 24
  2. Genesis Chapter 37
  3. Genesis Chapter 22
  4. Genesis Chapter 32
  5. 1 Konings Chapter 22
  6. Maleagi Chapter 2
  7. Deuteronomium Chapter 9

Related Chapters & Readings

  1. Miga Chapter 7
  2. Psalms Chapter 56
  3. 1 Kronieke Chapter 10
  4. 1 Samuel Chapter 12
  5. Handelinge Chapter 21
  6. Genesis Chapter 49
  7. Handelinge Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *