Read Matteus Chapter 4 Online
Read Matteus Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Matteus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Matteus 4
Hoofstuk 4
1. Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
2. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
3. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
4. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
5. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
6. en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
7. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
8. Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
9. en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
10. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
11. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
12. En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.
13. En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
14. sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
15. Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene—
16. die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.
17. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
18. En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
19. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
21. En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
22. En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
23. En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
24. En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
25. En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.
About Matteus Chapter 4
Read Matteus Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Matteus
Chapter: 4
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Matteus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Matteus Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Matteus Chapter 4?
Matteus Chapter 4 is part of the Book of Matteus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Matteus Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Matteus
- Matteus Chapter 2
- Matteus Chapter 18
- Matteus Chapter 6
- Matteus Chapter 5
- Matteus Chapter 11
- Matteus Chapter 16
- Matteus Chapter 13
Explore More from Nuwe Testament
- Lukas Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 16
- Romeine Chapter 12
- Openbaring Chapter 12
- Matteus Chapter 11
- Matteus Chapter 15
- Openbaring Chapter 4